INFORMELE, EEN-TOT-EEN, KITAAR LESSE, UKULELE LESSE, DROM LESSE EN SANG LESSE IN AFRIKAANS IN PRETORIA & CENTURION >>

 

NOU OOK: ZOOM / SKYPE LESSE

 

Ons het onderwysers in verskeie areas in Centurion & Pretoria Oos/Noord, asook onderwysers wat na jou huis toe kan kom.

 

Ons is gefokus daarop om musiek in ’n rustige, informele atmosfeer af te rig. 

Jy sal nie net leer hoe om jou instrument te bespeel nie, maar om musiek oor die algemeen te verstaan, en hoe om dit toe te pas wanneer jy speel. Lesse is privaat, dus is jy die enigste leerder in ’n les, tensy jy kies om ’n vriend of familielid deel te maak van jou lesse. Jy hoef geen ondervinding te hê nie, aangesien ons alles van die begin af sal behandel indien jy ’n beginner is: hoe die instrument werk, note, drukke/akkoorde, toonlere, vingeroefeninge, ritme, tydhou, nootlees, “tabs”, hoe om jou kitaar in te stel, hoe om jou instrument in goeie kondisie te hou, waarna om op te let wanneer jy ’n instrument koop, ens.
 

Jy kan lesse neem op beide akoesties, of elektriese instrumente. 

 

As jy wel al vantevore gespeel het, of selfs al lesse geneem het, sal ons aangaan vanwaar jy tans is met jou spel. Beide beginners, asook spelers met meer ondervinding, sal die geleentheid kry om hul gunsteling liedjies te kies, asook hoe om dit te speel, omdat dit lekkerder is om te leer terwyl jy hou van wat jy hoor!

 

Al ons onderwysers praat vlot Afrikaans en Engels, en jy kan kies watter taal vir jou die beste sal werk.

 

Aangesien ons daarop gefokus is om die lesse so informeel moontlik te hou, sal daar geen eksamens plaasvind nie. 

  

Enige ouderdomme is welkom!


 

Ons bied ook aanlyn lesse aan, vir diegene met besige roetines, wat nie weeksliks by lesse kan uitkom nie. Kliek hier vir meer inligting >>


Ontmoet die onderwysers:

 

Rudolph Botha
KITAAR & UKULELE
(Pierre van Ryneveld, Centurion)

Konstant de le Porte
KITAAR ELEKTRIES & AKOESTIES
(Clubview en by leerder se huis)


Rudolph


Konstant

Ek speel kitaar vandat ek 9 jaar oud is. Tydens hoërskool het ek begin om in “bands” te speel, en op te tree. Ek het al opgetree as kitaarspeler vir kunstenaars/groepe soos Leah, Appel, Willem Botha, Lee Scott, Brendan Peyper, Kurt Darren, Gerhard Steyn, Ghapi, Joe F, Elvis se Seun, Albert de Wet, Karlien van Jaarsveld, Black Era, Wolraad Woltemade, asook ’n hele paar “praise & worship” groepe by kerke. Ek gee kitaarles vanaf 2008, en het al baie kitaarspelers gesien groei in musikaliteit! 

Ek bied kitaar en ukulele lesse aan.

Hi daar, my naam is Konstant de la Porté.

 

Ek is n professionele kitaarspeler wat die voorreg het om lewendig, reg oor die hele land, die verhoog te deel met bands/kunstenaars soos Candi Black, I believe In Giants, Leah, Willem Botha, Franja du Plessis, Eloff en tans Elandré. Ek speel beide elektries asook akoestiese (boks) kitaar, en kan ook die Ukelele speel. Ek hou daarvan om met mense te werk en deel te wees van hul ontwikkeling as ’n musikant, asook menswees oor die algemeen. Ek werk graag met kinders en volwassenes, jonk tot oud!

 

Ek sien uit om deel van jou leerproses te word!



 

Roelof Groenewald
KITAAR/UKULELE/MUSIEKVERVAARDGING

(Lyttelton, Centurion)

Nicola McLeod
SANGLESSE, KITAAR & UKULELE
(by leerder se huis)


Roelof

Nicola

Roelof het in 2012 begin les neem by Rudolph Botha, op die ouderdom van 11.  

Sy liefde vir musiek, en spesifiek die kitaar, het ongelooflik vinnig gegroei deur die volgende paar jaar. Nadat hy beide die akoesties- en elektriese kitaar baasgeraak het, het hy by talle geleenthede by sy alma mater, Hoërskool Zwartkop, begin optree. Só het hy ook deelgeraak van ’n paar groepe (“bands”), by die skool en kerk. 

Hy het reeds op Hoërskool begin kitaarlesse aanbied.  

Nadat hy skool voltooi het, het Roelof verder gewerk, geoefen, en studeer aan sy “Rockschool Music Performance Certificates”. Gedurende sy eerste jaar het hy musiekvervaardiging en komposisie studeer, en daarna het hy musiek studeer by “Campus Of Performing Arts”. Roelof is tans ‘n voltydse musikant, asook musiekonderwyser en musiekvervaardiger. Hy het ook sy eie YouTube kanaal. 

Roelof is lief daarvoor om met mense te werk, en sy vriendelike en geduldige geaardheid laat enige leerder gemaklik voel.  

Nicola se musiek- en sangagtergrond is wyd en veelsydig.

Sy het begin sing op die ouderdom van 5, en het waardevolle ervaring opgedoen as hoofsangeres in verskeie “bands”, asook as ’n solo-kunstenaar, wat haar eie musiek skryf en opneem.

 

Sy het jare lank sangopleiding ontvang, wat sy regdeur haar loopbaan toegepas het. Dit het deure oopgemaak vir verskillende genres soos Pop, Rock, Country, Blues, R&B ens.

Sy tree gereeld op by plekke soos Railways, Industrial Coffee Works, Francois van Coke, en vele meer.

 

Enige iemand kan sing, met die regte leiding, asook genoeg oefening! Lesse vind plaas in die gemak van jou eie huis. 

Nicola se doel is om 'n veilige en kreatiewe ruimte te skep, om JOU stem te vind, en tot jou volle potensiaal te sing.

 



Ruan Reynecke
KITAAR AKOESTIES & ELEKTRIES

(Equestria en by leerder se huis)

 
Stiaan du Preez
KITAAR
(Zwartkop, Centurion)

Ruan

Stian

Ek het begin kitaarspeel kort na skool, en het onmiddelik verlief geraak op die instrument. 

Na skool het ek onderwys studeer, en daarna begin skoolgee by Laerskool Kalie de Haas in Standerton. Ek het akademiese vakke, sowel as musiek gegee. 

 

Na ’n paar jaar, het ek besluit dat musiek my grootste liefde is. Die besluit het my gemotiveer om my dinge op te pak en na Pretoria te verhuis. Ek het begin optree as kitaarspeler, by sekulêre vertonings, asook in die kerk. Kort daarna het ek begin kitaarles aanbied, sodat ek my liefde vir musiek en onderwys kon begin kombineer. 

 

Die grootste genot van my musiekonderwys, is dat ek kan sien hoe leerders vorder, passie ontwikkel vir musiek, asook die eenvoudige genot wat die instrument kan bring. 

 

Ek bied lesse aan op beide akoesties en elektriese kitaar. 

Huidiglik is ek die voltydse kitaarspeler vir Afrikaanse kunstenaar Dodo Nyoka, en toer gereeld landswyd saam met hom. 

Stiaan speel kitaar vandat hy 15 jaar oud is, en het in 2013 aangesluit by Rudolph Botha Kitaarskool. Hy is deel van ’n paar rock-groepe, soos Them Dirty Shrikes, Skinnee Sunrise, en Wicked Stixx.

Stiaan was ook al in ’n paar kerkgroepe, and het sy eie ateljee by die huis, waar sy kitaarlesse ook plaasvind. Stiaan is ’n ervare onderwyser, en het al baie volwassenes en kinders geleer speel. 

 



Grant Brown
SANGLESSE
(by leerder se huis)
 

Grant

 

Hi daar, my naam is Grant Brown.

 

My musiekloopbaan het begin op die ouderdom van 11, in 2014.

 

Ek speel kitaar (akoesties en elektries), baskitaar, en dromme. 

 

Ek het deur die jare die voorreg gehad om saam met kunstenaars soos Graze Us, Zoé, The Ryan Jones Project, Leah, Wilma van Heerden, Sarah Jade, en The South African Taylor Swift Tribute Band te werk.

Ek het ook heelwat ondervinding in “praise en worship” musiek opgedoen by verskeie kerke. 

 

Ek is ook die sanger, vervaardiger, hoofliedjieskrywer, en bestuurder van my eie groep, Distortion For Emphasis. 

 

Ek het ’n diploma in “Music Technology & Sound Engineering” voltooi by Emendy Multimedia Institute.

 

Ek sien uit om saam met jou te werk!

 

Skakel ons nou om jou les te bespreek:
Rudolph Botha - 072 611 5690 /
botha.rudolph1@gmail.com


Besoeke